Agtergrond:

Laerskool Gansbaai word ondersteun deur 'n geregistreerde nie-winsgewinde maatskappy wat gestig is deur ouers wat die finansiële behoefte van die skool waargeneem het.  Die Ouermaatskappy is verantwoordelik vir groot projekte, soos bv. die 4x4 Hindernisdag, waarmee nodige fondse gegenereer word om veral die salarisse van Beheerliggaamposte, instandhouding- en opgraderingsprojekte te finansier.  Beheerliggaamposte is van kardinale belang om ons klasse onder 30 leerders in totaal te hou - dit verseker dat optimale onderrig geskied in 'n leer-vriendelike atmosfeer.

Ander kleiner fondsinsamelings vind ook gedurende die jaar by die skool plaas en word gekoördineer deur onderwysers  - hierdie fondse is veral nodig om bedryfs- en akademiese ideale te bereik waarin die monetêre toekenning wat ons van die Weskaapse Onderwysdepartement ontvang, nie kan voorsien nie.

Die sukses van ons fondsinsamelings is in ons ouer- en die breër gemeenskap se entoesiastiese hande.

Baie dankie vir u aandeel hierin!

Inskakel Vorm

Kopiereg Laerskool Gansbaai © 2013. Alle regte voorbehou.

telefoon: +2728 384 0000 | adres: Kerkstraat, Gansbaai, Wes Kaap, 7220 | Posbus 27, Gansbaai, 7220

vay dep cong so , ao so mi nu dep , ao khoac nu han quoc , vay cong so dep , vay dep cong so , hai hoai linh , thoi trang , apkdoom , thoi trang nam , ao khoac nam , diem thi dai hoc , tin tuc 24h , giày nam , tạp chí gia đình , hinh su , forex , apvs2013 , ao so mi nu han quoc

Let's Play friv game and kizi games online 2014 with Online spiele Kostenlos Spielen. These magento themes are designed by TakoThemes.com.